ISUZU SE 80STE BESTAANSJAAR

Op 22 April 2017 het Vredendal Motorgroep saam ISUZU Suid-Afrika se 80ste bestaansjaar gevier. Op die mooi sonskyn dag het almal met hul verskeie ISUZU’S oud en jonk, nuut en oorspronklik by die Vredendal Maskam Mall vergader. Verskeie pryse is oorhandig aan ISUZU eienaars. Vir die mees oorspronklikste ISUZU, was ons wenner mev Stienie van der Walt met haar 1984 ISUZU KBD2.2 LE bakkie. Vir die oudste ISUZU was Mnr. Daniël Kotze die wenner met sy 1979 ISUZU KBD1.9 en vir die netjieste bakkie Mnr. Henry Boois met sy 2015 ISUZU KB250 LE dubbelkajuit 4×2. Ons gelukkige trekking op Saterdag 22 April 2017 was so ook Mnr. Kallie Koopman. Laastens met ons gelukkige trekking vir die 2 weke met ‘n ISUZU KB250 X-Rider Dubbelkajuit demonstrasie model, was Mnr Willie Pool van Koekenaap. Daar is lekker saam gekuier en verskeie staaltjies oor grootword jare met ISUZU is gedeel, mede ervarings en vele meer. Ons wil graag elkeen bedank wat die dag saam met ons kom vier het, sowel as al ons personeel wat hard saam gewerk het om hierdie dag ‘n sukses te maak.

Print
css.php