OPE BRIEF – GENERAL MOTORS ONTTREKKING UIT SUID AFRIKA

OPE BRIEF – GENERAL MOTORS ONTTREKKING UIT SUID AFRIKA

Geagte waardeerde kliënt en eienaar van GM-produk,

Skrywe hiermee om enige onsekerheid of negatiewe beriggewing wat mag ontstaan het met die aankondiging deur GMSA op Donderdag 18 Mei 2017 dat General Motors besluit het om aan die einde van 2017 uit Suid-Afrika te onttrek, beter te verduidelik.

General Motors se besluit is geneem in ag genome hul besigheidsplan en die herstrukteuring van hul globale sake-infrastruktuur. Gevolg hiervan is dat in Suid Afrika die vervaardiging en verkoop van hul produkte gestaak word aan die einde van die jaar 2017.

Isuzu koop by GM hul vervaardigings-aanlegte gesetel in Port Elizabeth, waaruit hul vanaf Januarie 2018

sal voortgaan om ligte kommersiële (bakkies) asook medium en swaar vragmotors te vervaardig. Tesame hiermee ook die oorname van GM onderdele verspreiding-sentrum asook die koop van GM se Voertuig ombouiing en verspreidings sentrum. Bestaande GM-handelaarsnetwerk tot einde Desember 2017 bly in plek en sal steeds na-verkope diens aan u produk lewer tot hierdie datum. Vanaf 1 Januarie 2018 sal hierdie diens ten opsigte van u Chevrolet en Opel produk (onderworpe finalisering van ooreenkoms met PSA oor Opel gesluit) deur die nuwe gevestigde Isuzu-handelaarsnetwerk verrig word. Onderdele ten opsigte van Chevrolet-produkte steeds beskikbaar tot 10 jaar na laaste produksie.

Ongelukkig met hierdie her-struktuering sal bestaande netwerk onder Isuzu verklein word en sal daar slegs ongeveer 90 Handelaars wees wat hierdie ondersteuning aan bestaande en toekomstige produk sal kan verskaf. Goeie nuus egter vir Vredendal Motorgroep vir ons kliënte asook eienaars van GM en Isuzu-produkte, is dat ons deel van die Isuzu-handelaarsnetwerk sal wees en voortgaan om op Vredendal en ons takke by Springbok en Calvinia vir u tot diens te wees. Enige inligting meer benodig besoek gerus die webtuiste www.gmsouthafrica.co.za wat meeste van u vrae sal kan beantwoord.

Indien u egter meer inligting hieroor benodig is u welkom om ons direk te kontak of vir GMSA by

0800 422 777 of 041 403 255 of per e-pos aan customercare@support.gmsa.com indien u meer inligting sou benodig oor waarborge en na-verkope diensaspekte.

Die uwe

John Sharpe

Handelaarshoof

Print
css.php